Free Web Hosting : Free Hosting : Credit Report : Low APR Credit Card  

 

D

 

Daad

 

Idioom

Iemand op heter daad betrap

Betekenis

Iemand betrap terwyl hy/sy iets kwaads doen

Explanation

To catch someone red-handed

 

 

Daalder

 

Idioom

Te dik vir ‘n daalder

Betekenis

Te erg wees/ moeilik om te glo

Explanation

To be difficult to believe     

 

Daantjie

 

Idioom

Tot by oom Daantjie in die kalwerhok

Betekenis

Tot die uiterste

Explanation

To the furthest extreme 

 

Dadel

 

Idioom

Daar sal dadels van kom

Betekenis

Daar sal niks van kom nie

Explanation

Nothing will come of it 

 

Dae

 

Idioom

Hoe meer dae, hoe meer dinge 

Betekenis

Elke dag het meer moeilikhede

Explanation

Every day brings new problems

 

Dae

 

Idioom

Iemand/Iets se dae is getel

Betekenis

Die einde is naby

Explanation

His/its days are numbered 

 

Dans 

 

Idioom

Om na iemand se pype dans

Betekenis

Alles doen wat ‘n persoon wil hê

Explanation

To dance to someone’s tune

 

Dapper

 

Idioom

Met dapper en stapper

Betekenis

Te voet

Explanation

On foot

 

Das

 

Idioom

Die manne met die dasse

Betekenis

Die invloedryke mense/besluitnemers

Explanation

Influential people/decision makers

 

Dawid 

 

Idioom

Weet waar Dawid die wortels gegrawe het

Betekenis

Om op hoogte van sake te wees

Explanation

To know what is what

 

Deel

 

Idioom

Jou deel doen

Betekenis

Jou aandeel verrig

Explanation

To do your part

 

 

Deuntjie

 

Idioom

‘n Ander deuntjie sing

Betekenis

‘n Ander houding inneem

Explanation

To sing a different tune

 

Deur

 

Idioom

Die deur oopmaak vir iets

Betekenis

To open the door to something 

Explanation

To give an opportunity for something

 

Deur

 

Idioom

As jy self agter die deur staan, dan soek jy ’n ander ook daar

Betekenis

As jy self knoei verwag jy dat ‘n ander dit ook sal doen 

Explanation

You measure another man’s corn by your own bushel

 

 

Deur

 

 Idioom

Met die deur in die huis val

Betekenis

Dadelik begin met die belangrikste punt

Explanation

To plunge into a matter

 

 

Dik 

 

 Idioom

Dis darem te dik vir ‘n daalder

Betekenis

Te erg, duur wees

Explanation

To be difficult to believe, too expensive

 

Dode  

 

 Idioom

Om ‘n duisend dode te sterf

Betekenis

Om baie kwellings en vrese te weerstaan

Explanation

To die a thousand deaths

 

Doel  

 

 Idioom

Die doel heilig die middele

Betekenis

As die doel goed is, kan slegte middele gebruik word

Explanation

The end justifies the means

 

 

Donkerwerk 

 

 Idioom

Donkerwerk is kronkelwerk

Betekenis

(1)  (letterlik) ‘n Werker wat by slegte lig werk knoei; (2) (figuurlik) ‘n Mens het rede om dit wat in die geheim gedoen word te bevraagteken

Explanation

(1) Work done in poor light could be of poor quality; (2) One has good reason to question things done in secret    

 

 

Donkie

 

 Idioom

‘n Donkie stamp hom twee maal aan dieselfde steen 

Betekenis

‘n Mens begaan nie twee keer dieselfde fout nie

Explanation

A fox is not taken twice in the same snare

 

Dood

 

 Idioom

Die dood moet ‘n oorsaak hê

Betekenis

Iemand moet die skuld hê – gesê wanneer iemand ‘n flou verskoning maak 

Explanation

There is an excuse for everything

 

 

Dood

 

 Idioom

Die een se dood is ‘n ander se brood

Betekenis

As iemand  sterf kry ‘n ander ‘n kans; die een se skade is ‘n ander se voordeel

Explanation

One man’s meat is another man’s poison

 

 

Dood

 

 Idioom

Liewer dood as uit die mode

Betekenis

Sommige mense sal enigiets doen om in die mode te bly

Explanation

Some people will do anything to be fashionable

 

 

Dood

 

 Idioom

Om net een dood skuldig te wees

Betekenis

Dit kan nie te erg gaan nie – dit word gesê as daar gevaar is of wanneer iemand iets onverskilligs wil doen

Explanation

At the worst one can but loose one’s head

 

 

Doodskleed 

 

 Idioom

Die doodskleed het geen sakke nie

Betekenis

Jy kan nie jou besittings na die hiernamaals neem nie

Explanation

You can’t take it with you

 

 

 

Dop

 

Idioom

In jou dop kruip 

Betekenis

Jou onttrek aan gebeure/ die lewe, skamerig wees

Explanation

To creep into his/her shell, to be reserved

 

Doppie

 

Idioom

Jy kan gaan doppies blaas

Betekenis

Go and boil your head!

Explanation

You are wasting your time/ Go to hell

 

Doppie

 

Idioom

Sy doppie is geblaas

Betekenis

Dis klaar met hom

Explanation

He has had his chips

 

Doppie

 

Idioom

Sy doppie is geklink 

Betekenis

Dis klaar met hom 

Explanation

He has had his chips

 

Doring

 

Idioom

‘n Doring in die vlees

Betekenis

Iets wat hinderlik is

Explanation

A thorn in one’s side

 

Draad

 

Idioom

Op die draad sit

Betekenis

Nie kant kies nie

Explanation

To blow hot and cold

 

 

Draadwerk

 

Idioom

Vol draadwerk wees

Betekenis

Vol nukke wees

Explanation

To be moody/difficult

 

Draak

 

Idioom

Die draak met iemand of iets steek

Betekenis

Iemand of iets vir die gek hou

Explanation

To poke fun at somebody

 

Dreef

 

Idioom

Op dreef kom

Betekenis

Om goed met ‘n saak te vorder

Explanation

To manage something well, to take it in a stride

 

Dronkslaan

 

Idioom

Dit slaan my dronk

Betekenis

Ek begryp dit glad nie

Explanation

It beats me

 

Druiwe

 

Idioom

Die druiwe is suur 

Betekenis

Dit word gesê indien iemand iets begeerliks minagtend afkeur wanneer hy/sy dit nie kan kry nie

Explanation

 

 

 

Druppel

 

Idioom

‘n Druppel in ‘n emmer

Betekenis

Dit word gesê van iets wat onbelangrik is

Explanation

A drop in the ocean

 

 

Dubbel

 

Idioom

Om iets dubbel en dwars te verdien

Betekenis

Om iets baie seker te verdien

Explanation

To deserve something

 

Duim

 

Idioom

Om vir iemand duim vas te hou

Betekenis

Om iemand sukses toe te wens 

Explanation

To hope for someone’s success

 

 

Duim

 

Idioom

Uit jou duim suig

Betekenis

Iets wat onwaar is, vertel

Explanation

To suck something from one’s thumb

 

Dun

 

Idioom

Dun gesaai wees

Betekenis

Om skaars te wees

Explanation

To be scarce

 

 

Duiwel

 

Idioom

Gee die duiwel wat hom toekom

Betekenis

Gee elkeen die eer wat hom toekom

Explanation

Give the devil his due

 

 

Duiwel

 

Idioom

Om so bang soos die duiwel vir ‘n sluipsteen te wees 

Betekenis

Om baie bang te wees

Explanation

To be as scared as the devil is of holy water

 

Duiwel

 

Idioom

(Dik) die duiwel in wees

Betekenis

Baie kwaad wees 

Explanation

To be in a  huff

 

Duiwel

 

Idioom

Te dom om vir die duiwel te dans

Betekenis

Baie dom

Explanation

Very stupid

 

Duwweltjies

 

Idioom

Loop voor die pad vol duwweltjies word

Betekenis

Gesê teenoor iemand wat dreig om jou te gaan verkla

Explanation

Said to a person who threatens to report you