Free Web Hosting : Free Hosting : Credit Report : Low APR Credit Card  

 

H

 

 

Haak

 

Idioom

In die haak wees

Betekenis

In orde wees

Explanation

To be in order 

 

 

Haan

 

Idioom

Hy is haan onder die henne

Betekenis

Die enigste man tussen die vroue

Explanation

He is the only male in female company

 

 

Haan

 

Idioom

Elke haan is baas op sy eie mishoop

Betekenis

Elkeen wil op sy eie gebied baas wees

Explanation

Every cock crows best on his own dunghill

 

 

Haar

 

Idioom

Iemand in die hare vlieg

Betekenis

Stry of baklei

Explanation

To come to blows

 

 

 

 

 

Haar

 

Idioom

Die hare laat waai

Betekenis

Woes baklei

Explanation

To make the sparks fly

 

Haan

 

Idioom

Elke haan is baas op sy eie mishoop

Betekenis

Elkeen wil op sy eie gebied baas wees

Explanation

Every cock crows best on his own dunghill

 

Haan

 

Idioom

Elke haan is baas op sy eie mishoop

Betekenis

Elkeen wil op sy eie gebied baas wees

Explanation

Every cock crows best on his own dunghill

 

Hakke

 

 

Idioom

Op iemand se hakke sit  

Betekenis

Hom/haar voortdurend agtervolg

Explanation

To follow someone

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Hakskene

 

 

Idioom

Iemand se hakskene word al rooi

Betekenis

Om te begin belangstel in die teenoorgestelde geslag

Explanation

To begin to take an interest  in girls or boys

 

 

Hand

 

Idioom

Die hand in eie boesem steek

 

Betekenis

Jouself ondersoek om te sien of daar nie skuld by jou nie 

Explanation

To search one’s heart

 

 

Hand

 

Idioom

As een hand die ander was, word albei skoon

Betekenis

As die een die ander help, word albei bevoordeel 

Explanation

One good turn deserves another

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Hand

 

Idioom

Iemand se hand in die as slaan

Betekenis

Om iemand by ‘n meisie uit te oorlê

Explanation

To outwit someone when competing for a woman’s favour

 

Hand

 

Idioom

Van die hand wys

Betekenis

Weier, afwys

Explanation

To turn down

 

Hand

 

Idioom

Van die hand in die tand lewe

Betekenis

Net genoeg verdien om van te lewe

Explanation

To live from hand to mouth

 

Hand

 

Idioom

Die hand aan eie lewe slaan

Betekenis

Selfmoord pleeg

Explanation

To commit suicide

 

 

Handdoek

 

Idioom

Die handdoek ingooi

Betekenis

Die stryd gewonne gee (oorspronklik in boks gebruik)  

Explanation

To throw in the towel

 

 

 

Hande

 

Idioom

Sy/haar  hande is afgekap

Betekenis

Sy/hy is mageloos/kan niks doen nie

Explanation

He/she is powerless

 

 

Hande

 

Idioom

Met gevoude hande sit

Betekenis

Niks doen nie

Explanation

To be absolutely passive

 

 

Hande

 

Idioom

Met die hande in die hare sit

Betekenis

Ten einde raad, in groot verleentheid verkeer

Explanation

To be at wit’s end 

 

 

Hande

 

Idioom

Iemand op die hande dra

Betekenis

n Ophef van iemand maak

Explanation

To make a great fuss about someone

 

 

Hande

 

Idioom

Sy hande staan vir niks verkeerd nie

Betekenis

Hy is baie vaardig met sy hande

Explanation

He is good at everything

 

Hande

 

Idioom

Die hande vol hê

Betekenis

Baie te doen

Explanation

To have one’s hands vol

 

 

 

 

Harnas

 

Idioom

Iemand in die harnas jaag

Betekenis

Iemand kwaad maak

Explanation

To antagonize someone

 

 

Hart

 

Idioom

Iets nie oor jou hart kan kry nie

Betekenis

Te teergevoelig wees om dit te kan doen

Explanation

To take to heart

 

 

Harte

 

Idioom

Iets ter harte neem

Betekenis

Na iets luister, dit ernstig opneem

Explanation

To be unable to bring oneself to do something

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Hartsnare

 

Idioom

Iemand se hartsnare roer (aanraak, laat tril)

Betekenis

Iemand diep tref, aanraak

Explanation

Heatstrings (deep emotions)

 

 

Hasepad

 

Idioom

Die hasepad kies

Betekenis

Weghardloop, vlug

Explanation

To take to one’s heels 

 

Hef aan

 

Idioom

ˋHef aan nog voor

Betekenis

Die ergste moeilikheid kom nog

Explanation

The worst is still to come

 

 

Hen

 

Idioom

Die hen wat goue eiers

Betekenis

Die grootste bron van inkomste

Explanation

The goose that lays the golden eggs

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Hen

 

Idioom

Die hen wat die eerste gekekkel het, het die eier gelê

Betekenis

Die persoon wat die eerste oor ‘n saak praat, weet gewoonlik die meeste daarvan

Explanation

A person who knows most of a matter will usually raise it first

 

 

Heuningkwas

 

Idioom

Die heuningkwas gebruik

Betekenis

Om iemand te vlei

Explanation

To flatter someone

 

Hoed

 

Idioom

Om met jou hoed in die hand  na iemand gaan

Betekenis

Om ‘n persoon nederig en onderworpe om ‘n guns te vra 

Explanation

To approach someone very humbly  in order to ask a favour

 

Hoed

 

Idioom

Jou hoed vir iemand afhaal

Betekenis

Om iemand te bewonder

Explanation

To take off  one’s  hat  to someone

 

 

 

Hoed

 

Idioom

Jou hoed ook nog agterna gooi

Betekenis

Baie tevrede wees as iets bo verwagting afgeloop het

Explanation

You should be delighted

 

 

Hoender 

 

Idioom

Soos ‘n natgereënde hoender

Betekenis

Om beteuterd/ verleë te wees

Explanation

To be embarrassed

 

Hoenders 

 

Idioom

Saam met die hoenders gaan slaap

Betekenis

Baie vroeg gaan slaap

Explanation

To go to bed early

 

Hoendertande 

 

Idioom

So skaars soos hoendertande wees

Betekenis

Om baie skaars te wees of glad nie te bestaan nie

Explanation

To be very rare, even non existing

 

 

Hokslaan

 

Idioom

Om iets hok te slaan

Betekenis

Belet om te doen wat jy wil; te verhoed

Explanation

Deprive someone of a pleasure

 

Hol

 

Idioom

Op hol gaan

Betekenis

Op loop sit/ jou selfbeheersing kwyt raak

Explanation

To run riot/ to go mad

 

Hond 

 

Idioom

Asof die honde sy kos afgeneem het

Betekenis

Uit die veld geslaan, verleë

Explanation

To look down in the mouth

 

Hond 

 

Idioom

Om agter elke hond aan te blaf

Betekenis

Om ander na te praat sonder om ‘n eie mening te

Explanation

To echo what everybody else says

 

Hond 

 

Idioom

Dankie hond!

Betekenis

Gesê om iemand, veral ‘n kind, tereg te wys wat nie dankie gesê het nie.

Explanation

Used to remind someone, especially a child, to say thank you

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Hond 

 

Idioom

Om die hond in die pot kry

Betekenis

Om na ete  êrens op te daag

Explanation

To come too late for dinner

 

Hond

 

Idioom

Elke hond kry sy dag en ‘n brakkie twee

Betekenis

Elkeen kry sy geluk, teëspoed of vergelding

Explanation

Every dog has his day

 

Hond 

 

Idioom

Nie eers hond haaraf maak nie

Betekenis

Nie enigiets bereik nie

Explanation

To accomplish nothing

 

Hond 

 

Idioom

Soos ‘n sleg hond wegloop

Betekenis

Om weg te gaan sonder om jou verantwoordelikhede na te kom

Explanation

To leave without meeting your responsibilities

 

 

 

 

 

Hond 

 

Idioom

Hond se gedagtes kry

Betekenis

Agterdogtig word 

Explanation

To smell a rat

 

Hond 

 

Idioom

‘n Hond uit ‘n bos slaap of snork

Betekenis

Om verskriklik baie te slaap

Explanation

To sleep very well or to snore exceedingly hard

 

Hond 

 

Idioom

Soos hond en kat lewe

Betekenis

Om voortdurend rusie te maak, veral in die geval van ‘n man en ‘n vrou.

Explanation

To live like cat and dog

 

 

Hond 

 

Idioom

So siek soos ‘n hond

Betekenis

Baie siek wees

Explanation

As sick as a dog

 

 

 

 

 

 

 

Hond 

 

Idioom

Oor die hond se stert wees

Betekenis

Oor die ergste moeilikheid wees

Explanation

To have finished the most difficult part of a  task 

 

Hond 

 

Idioom

Soos hond en kat lewe

Betekenis

Om voortdurend rusie te maak, veral in die geval van ‘n man en ‘n vrou.

Explanation

To live like cat and dog

 

Honde 

 

Idioom

Baie honde is ‘n haas se dood

Betekenis

Jy kan nie  teen ‘n oormag staande bly  nie.

Explanation

You cannot fight superior numbers

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Honde 

 

Idioom

Kommandeer jou honde en blaf self

Betekenis

Doen self wat jy voorstel en moenie van ander verwag om dit vir jou te doen nie

Explanation

Do your own (dirty) work

 

Honde

 

Idioom

Om met die honde te blaf en met die wolwe te huil

Betekenis

Om met almal saam te stem

Explanation

To run with the hare and hunt with the hounds

 

 

Honger 

 

Idioom

Honger is die beste kok

Betekenis

As ‘n mens honger is, smaak alle kos lekker

Explanation

Hunger is the best sauce

 

Hoof 

 

Idioom

Iets oor die hoof sien

Betekenis

Nie aan iets aandag gee nie, dit ongemerk laat verby gaan

Explanation

To overlook something

 

 

 

 

 

 

 

 

Hooi 

 

Idioom

Te veel hooi op sy vurk neem

Betekenis

Om met meer dinge te begin as wat jy kan behartig

Explanation

To take too much on one’s shoulders

 

Horings

 

Idioom

Die huis/plek op horings neem

Betekenis

Erg in die huis te kere gaan

Explanation

To turn the house upside down

 

Houtjie

 

Idioom

So slim soos die houtjie van die galg

Betekenis

Buitengewoon slim wees

Explanation

To be as sharp as a needle

 

Houtlepel 

 

Idioom

Die houtlepel kry

Betekenis

Om straf te ontvang

Explanation

To be punished

 

Huis 

 

Idioom

Om huis se kant toe te staan

Betekenis

Om te wil terugkeer na jou huis

Explanation

To be thinking of going home

 

 

 

Hupstoot

 

Idioom

Om ‘n hupstootjie te kry

Betekenis

Om skielik aansienlike ondersteuning te kry

Explanation

To get great support quite  suddenly

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Husse

 

Idioom

Husse met lang ore

Betekenis

Dit is ‘n grappende antwoord op ‘n vraag (of vrae) van ‘n nuuskierige persoon (meestal ‘n kind) en word gebruik wanneer die persoon wat ondervra  word wil dat dit net sy saak is.

Explanation

A nonsense reply to an inquisitive person (child) indicating that he/she should mind his/her own business.