R
Raad
|
Idioom |
Iemand met raad en daad bystaan |
Betekenis |
Iemand nie net met woorde nie, maar ook met dade bystaan |
Explanation |
To assist someone by word and deed |
Raakvat
|
Idioom |
Hy/sy vat alles raak |
Betekenis |
Hy/sy hande staan vir niks verkeerd nie |
Explanation |
He/she is extremely capable |
Raar
|
Idioom |
Raar maar waar |
Betekenis |
Vreemd, sonderling |
Explanation |
Strange but true |
Rak
|
Idioom |
Op die rak sit |
Betekenis |
‘n Oujongnooi wees |
Explanation |
To be an old maid |
Rak
|
Idioom |
Uit die boonste rakke haal |
Betekenis |
Van die heel beste lewer |
Explanation |
To offer the best |
Rammetjie-uitnek
|
Idioom |
Om rammetje-uitnek te wees/ te word |
Betekenis |
Om te spog of af te wys |
Explanation |
To boast or to show off |
Rat
|
Idioom |
Om iemand ‘n rat voor die oog te draai |
Betekenis |
Om iemand te bedrieg |
Explanation |
To pull the wool over one’s eyes |
Reukie
|
Idioom |
Daar is ‘n reukie aan |
Betekenis |
Alles is nie pluis/ in orde nie |
Explanation |
To smell a rat |
Ribbok
|
Idioom |
Om soos ‘n ribbok te hardloop |
Betekenis |
Om baie vinnig te hardloop |
Explanation |
To run like a hare |
Riem
|
Idioom |
‘n Riem onder die hart wees |
Betekenis |
‘n Aanmoediging wees |
Explanation |
To be very encouraging |
Riem(e)
|
Idioom |
Die rieme dun sny |
Betekenis |
Spaarsamig lewe |
Explanation |
To live frugally |
Riem(e)
|
Idioom |
Iemand met ‘n slap riem probeer vang |
Betekenis |
Iemand met ‘n eenvoudige set probeer uitoorlê |
Explanation |
|
Riem(e)
|
Idioom |
Die rieme neerlê |
Betekenis |
Om weg te hardloop |
Explanation |
To run away |
Riem(e)
|
Idioom |
Jou rieme styf loop |
Betekenis |
In moeilikheid raak |
Explanation |
To come to the end of your tether |
Rilling (s)
|
Idioom |
Koue rillings langs jou ruggraat laat afkriewel |
Betekenis |
Om te laat sidder van die koue |
Explanation |
To send shivers down your spine |
Roede
|
Idioom |
Wie die roede spaar, haat sy kind |
Betekenis |
Straf is nodig vir ‘n goeie opvoeding |
Explanation |
Spare the rod and spoil the child |
Roer
|
Idioom |
So reg soos ‘n roer |
Betekenis |
Doodreg, in die haak |
Explanation |
As right as rain |
Roer
|
Idioom |
Sy/hulle roer is vol kruit |
Betekenis |
Hy/hulle het die nodige middele om die doel te bereik |
Explanation |
He/they have the means needed to ensure success |
Rok
|
Idioom |
Hy dra die rok |
Betekenis |
Hy is nog van sy ma afhanklik |
Explanation |
His wife bears the breeches |
Rokband
|
Idioom |
Hy is nog aan sy ma se rokband vas |
Betekenis |
He is a mother’s darling |
Explanation |
His wife bears the breeches |
Rokie
|
Idioom |
Waar daar ‘n rokie is, is daar ‘n vuurtjie |
Betekenis |
Daar is altyd iets waar van praatjies |
Explanation |
There is never smoke without fire |
Rol
|
Idioom |
Jy moet keer dat hulle nie oor jou rol nie |
Betekenis |
Jy moet keer dat hulle nie jou benadeel/vernietig nie |
Explanation |
Beware that they do not destroy/casue you trouble |
Rome
|
Idioom |
Rome is nie in een dag gebou nie |
Betekenis |
‘n Groot werk kan nie gou afgehandel word nie |
Explanation |
Rome was not built in a day |
Rooitaal
|
Idioom |
Die Rooitaal gooi |
Betekenis |
Engels praat
|
Explanation |
To speak English |
Ronde
|
Idioom |
Die gerug doen die ronde |
Betekenis |
Die storie word orals rondvertel |
Explanation |
There is a rumour abroad |
Rooimiere
|
Idioom |
Om rooimiere te hê |
Betekenis |
Om baie woelig en lastig te wees |
Explanation |
To fidget |
Rot
|
Idioom |
Iemand rot en kaal steel |
Betekenis |
Alles van iemand steel |
Explanation |
To strip someone bare |
Rot
|
Idioom |
Jou oor ‘n dooie rot verheug |
Betekenis |
Jou verheug oor iets wat nie voordeel inhou nie |
Explanation |
To find a mare’s nest |
Rot
|
Idioom |
‘n Ou rot |
Betekenis |
‘n Ou kalant,
‘n geslepe persoon |
Explanation |
He knows how many beans make five |
Rot
|
Idioom |
Om so kaal soos ‘n rot te wees |
Betekenis |
Om brandarm te wees
|
Explanation |
As poor as a church mouse |
Rug
|
Idioom |
Dit is agter die rug |
Betekenis |
Dit is verby |
Explanation |
Behind the back |
Rug
|
Idioom |
Sy/haar rug is beed |
Betekenis |
Hy/sy kan baie verdra |
Explanation |
He/she can bear responsibility |
Rug
|
Idioom |
Iemand in die rug steek |
Betekenis |
Iemand onverwags aanval |
Explanation |
To stab someone in the back |
Rug
|
Idioom |
Die rug toekeer |
Betekenis |
Niks met iemand of iets te doen wil hê nie |
Explanation |
To turn one’s back on someone/ something |
Ryp
|
Idioom |
Vroeg ryp, vroeg rot |
Betekenis |
Iemand wat te vroeg volgroei is, is dikwels vroeg bedorwe |
Explanation |
Soon ripe, soon rotten |