Free Web Hosting : Free Hosting : Credit Report : Low APR Credit Card  

V

 

Vale (vaal)

 

Idioom       

Vir ‘n vale

Betekenis

Uit alle mag

Explanation

For all one is worth

 

Vale (vaal)

 

Idioom       

Vir ‘n vale

Betekenis

Uit alle mag

Explanation

For all one is worth

 

Valksoë

 

Idioom       

Met valksoë dophou

Betekenis

Iemand deeglik dophou

Explanation

To watch someone very closely

 

 

Vark

 

Idioom       

Die vark in die verhaal wees

Betekenis

Die party wees wat altyd die skuld dra

Explanation

To be the black sheep

 

 

Vark

 

Idioom       

Skreeu soos ‘n maer vark 

Betekenis

Om baie hard te skreeu

Explanation

To squeal like a stuck pig

 

 

Varkies

 

Idioom       

Nie al sy varkies in die hok hê nie

Betekenis

Effens mal wees

Explanation

To have a screw loose

 

 

 

 

Veer

 

Idioom       

Om jou vere te moet laat 

Betekenis

Van jou eer/aansien te verloor

Explanation

To have your feathers plucked    

 

Veld

 

Idioom       

Uit die veld slaan

Betekenis

Uiters verbaas laat, om van stryk  te  bring

Explanation

To be totally  astounded

 

 

Vere

 

Idioom

Die vere maak die voël

Betekenis

‘n Mens word na sy klere beoordeel

Explanation

Clothes make the man



 

 

 

Vere

 

Idioom

Om vere te voel vir iets/iemand

Betekenis

Geen  belangstelling in ‘n saak/persoon

Explanation

To have no interest in a person/matter

 

 

Vere

 

Idioom

Vroeg uit die vere klim

Betekenis

Vroeg soggens opstaan

Explanation

To rise at the crack of dawn

 

 

Verhaal

 

Idioom

Om tot verhaal te kom

Betekenis

Om te begin verstaan wat aankom

Explanation

To get to understand what is happening

 

Vierkant

 

Idioom

Vierkant teenoor mekaar staan

Betekenis

Presies die teenoorgestelde posisie in te

Neem

Explanation

Be diametrically opposed to each other

 

 

 

 

 

 

 

 

Vinger

Idioom       

Om iemand sy vinger te draai

Betekenis

Om iemand te laat maak net wat jy wil

Explanation

To twist someone round one’s little vinger

 

 

Vingers

 

Idioom       

Lang vingers hê

Betekenis

Geneig wees om te steel

Explanation

To have long fingers

 

Vingers

 

Idioom

Iets (bv. ‘n geleentheid) deur die vingers laat glip

Betekenis

(Onwetend)  nie van iets gebruik maak nie.

Explanation

To let something slip through the fingers

 

Vingers

 

Idioom

Om jou vingers te verbrand

Betekenis

Om te boet vir ‘n fout wat jy begaan het

Explanation

To burn one’s fingers

 

Vinkel

 

Idioom

Dis vinkel en koljander (die een is soos die ander)

Betekenis

Dit word gesê van twee goed of mense wat presies eenders is

Explanation

It is six of the one and half a dozen of the other

 

 

 

 

 

Viool

 

Idioom

Tweede viool  speel

Betekenis

Ondergeskik wees

Explanation

To play second fiddle

 

Vis

 

Idioom

Die groot  vis  het weggekom

Betekenis

‘n Groot  geleentheid het ons ontkom  

Explanation

We have lost a great opportunity

 

Visier

 

Idioom

In die visier wees

Betekenis

Die teiken van iemand/iets 

Explanation

To be targeted

 

 

Visier

 

Idioom

Jou  visier op iets stel

Betekenis

Iets jou mikpunt maak

Explanation

To aim to achieve something

 

 

Vlammetjie

Idioom       

Die vlammetjie  brand steeds hoog

Betekenis

Hulle is steeds lief vir mekaar 

Explanation

They are still in love.

 

 

 

Vlerke 

 

Idioom

Iemand onder jou vlerke neem

Betekenis

Iemand onder jou beskerming neem

Explanation

To take someone under one’s protection

 

 

 

Vleuels

 

Idioom

Jou vleuels uitslaan

Betekenis

Om meerdere geleenthede te verken

Explanation

To spread one’s wings

 

Vlieë

 

Idioom

Hy/Sy vang vli

Betekenis

Sy/haar mond hang oop

Explanation

His/her mouth hangs open

 

 

Vlieë 

 

Idioom

Om twee vlieë met een klap  te slaan

Betekenis

Twee dinge tegelyk doen

Explanation

To kill two birds with one stone

 

Vlieg 

 

Idioom

Hy/sy sal geen vlieg kwaad doen nie

Betekenis

Hy/sy is besonder goedhartig

Explanation

He/she will not hurt a fly

 

 

Vlieg 

 

Idioom

‘n Vlieg in die salf

Betekenis

Iemand wat moeilikheid maak/ onaangenaamheid veroorsaak

Explanation

The fl in the ointment

 

Vlieg 

 

Idioom

‘n Vlieg in die salf

Betekenis

Iemand wat moeilikheid maak/ onaangenaamheid veroorsaak

Explanation

The fly in the ointment

 

Voël  

 

Idioom

Soos ‘n voël vlieg

Betekenis

 Reguit na ‘n bestemming, sonder dat ompaaie gevolg word  

Explanation

As the crow flies

 

Voëls  

 

Idioom

Voëls van eenderse vere

Betekenis

Dit word gesê van mense wat dieselfde geaardheid het.   

Explanation

Birds of a feather

 

 

 

 

 

 

 

Voëltjie   

 

Idioom

Om ‘n voëltjie te hoor fluit

Betekenis

Om ‘n gerug te hoor   

Explanation

A little bird whispered it to me

 

Voet

 

Idioom

Met die verkeerde voet uit die bed klim

Betekenis

Om omgekrap  op te staan   

Explanation

Get out of bed the wrong side

 

Voet

 

Idioom

Voet in die hoek sit

Betekenis

Om baie vinnig te ry

Explanation

To drive very fast

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Voet

 

Idioom

Voet by stuk hou

Betekenis

Om te volhard in wat jy glo

Explanation

To stick to one’s guns

 

Voet

 

Idioom

Jou voet in ‘n visblik (kru)

Betekenis

Gaan na jou peetjie

Explanation

Go to hell

 

Voet

 

Idioom

Voor die voet

Betekenis

Sonder om uit te soek

Explanation

As they come; without picking and choosing

 

Voete

 

Idioom

Aan die voete van Gamaliël sit

Betekenis

To sit at the feet of a master

Explanation

Onder ‘n bekende geleerde studeer

 

Voggies 

 

Idioom

Die voggies het gevloei

Betekenis

Daar is baie gedrink

Explanation

They were drinking

 

 

Vonke

 

Idioom

Die vonke gaan spat

Betekenis

Daar gaan ‘n rusie (bakleiery) kom

Explanation

Sparks will fly 

 

Voorland

 

Idioom

Dis jou voorland

Betekenis

Dis wat vir jou voorlê

Explanation

That is in store for you

 

Voorslag

 

Idioom

Soos ‘n voorslag wees

Betekenis

Rats, fluks wees

Explanation

As quick as a flash

 

Voorvoet

 

Idioom

Op die voorvoet wees

Betekenis

Om in ‘n gunstige posisie te wees, byvoorbeeld die prys  van goudaandele 

Explanation

To be in a favourable position, e.g. in the case of gold shares

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Vrolikheid

 

Idioom

Na vrolikheid kom olikheid

Betekenis

Droefheid volg dikwels op blydskap

Explanation

Grief treads upon the heels of great pleasure

 

Vrou

 

Idioom

Om soos ‘n ou vrou met ‘n nat broek te wees

Betekenis

Om  sonder ophou te kla

 

To complain incessantly

 

 

Vrugte 

 

Idioom

Aan die vrugte ken ‘n mens die boom

Betekenis

‘n Mens se karakter toon hom in sy dade

Explanation

A tree is known by its fruit 

 

Vrugte 

 

Idioom

Om vrugte af te werp

Betekenis

Om voordeel te bring, om goeie gevolge te hê

Explanation

To bear good fruit

 

 

 

 

 

 

Vrugte 

 

Idioom

Verbode vrugte smaak die soetste

Betekenis

Die lekkerste dinge is juis dit wat jy nie   mag doen nie

Explanation

Stolen fruit is always sweeter

 

Vuis 

 

Idioom

In sy vuis lag

Betekenis

Met leedvermaak, agteraf lag

Explanation

To laugh up one’s sleeve

 

 

Vuis 

 

Idioom

Vuis maak/bal

Betekenis

Om te wil veg

Explanation

To challenge

 

 

Vurk 

 

Idioom       

Weet hoe die vurk in die hef steek

Betekenis

Presies weet hoe sake staan

Explanation

To know the ins and outs of the matter

 

 

Vuur  

 

Idioom       

Langs een vuur sit  

Betekenis

Van dieselfde opinie wees

Explanation

To be at one