Free Web Hosting : Free Hosting : Credit Report : Low APR Credit Card  

W

 

Wa

 

Idioom

Die wa deur die drif trek

Betekenis

Die moeilikheid oorkom/probleem baasraak

Explanation

To solve the problem/ master a difficult situation

 

 

Wa

 

Idioom

Voor op die wa wees

Betekenis

Opdringerig wees

Explanation

To be presumptuous

 

 

Wa

 

Idioom

Die wa voor die osse span

Betekenis

Om ‘n saak agterstevoor aan te pak  

Explanation

To put the cart before the horses

 

 

Wa

 

Idioom

Krakende waens loop die langste

Betekenis

Swak mense leef partymaal die langste

Explanation

 Creaking doors hang the longest

 

Waarheid

 

Idioom

Om die waarheid te , moet ek lieg

Betekenis

Ek kan werklik nie met sekerheid nie

Explanation

I reall don’t know

 

Wafel

 

Idioom

Iemand met ‘n groot wafel

Betekenis

Iemand met ‘n groot mond

Explanation

Someone with a big trap

 

Wag

 

Idioom

‘n Wag voor jou mond plaas

Betekenis

 Om te let op wat jy

Explanation

To set a watch before your mouth 

 

Wal

 

Idioom

Aan laer wal geraak

Betekenis

Om teëspoed te ondervind

Explanation

To be doing badly

 

 

Wal

 

Idioom

Om aan laer wal te wees

Betekenis

Om in die moeilikheid te wees

Explanation

To be in trouble

 

 

Wal

 

Idioom

Om aan hoër wal te kom

Betekenis

Om voorspoedig te wees

Explanation

To be prosperous

 

 

Wal

 

Idioom

Om iemand van die wal in die sloot te help

Betekenis

Om iemand in nog groter moeilikhede te bring

Explanation

To assist someone from the frying-pan into the fire

 

 

Wal

 

Idioom

Om wal te gooi teen iets

Betekenis

Om iets te probeer keer

Explanation

To try to counteract/stop something

 

 

Water

 

Idioom

Dit is water op sy meule

Betekenis

Dit is presies wat iemand wil , dit sterk hom/haar in sy/haar kwaad

Explanation

To add grist to his mill

 

 

Water

 

Idioom

Hy/sy kom nie warm by die water nie

Betekenis

Hy/sy is lui

Explanation

He/she never overworks him/herself

 

 

Water

 

Idioom

Hulle is soos water en vuur

Betekenis

Om geswore vyande te wees

Explanation

They are sworn enemies

 

 

Water

 

Idioom

Om jou geld in die water te gooi

Betekenis

Om jou geld te mors

Explanation

TO waste your money

 

 

Water

 

Idioom

Daar moet nog baie water in die see loop voordat dit sal gebeur

Betekenis

Daar sal nog baie moet gebeur voordat dit plaasvind

Explanation

Much water will still flow under the bridge before that happens

 

 

Water

 

Idioom

Water op die eend se rug

Betekenis

Gesê van iets wat nutteloos is

Explanation

Like water off a duck’s back

 

 

Water

 

Idioom

Soos twee druppels water op mekaar lyk

Betekenis

Om baie eenders te lyk

Explanation

To be as alike as two peas

 

 

Water

 

Idioom

Stille waters, diepe grond, onder draai die duiwel rond

Betekenis

Mense wat min kan ‘n mens verras

Explanation

Still waters run deep

 

 

Water

 

Idioom

Van die eerste water

Betekenis

Van die beste (of slegste) soort 

Explanation

Of the first water

 

 

Weegskaal 

 

Idioom

Iets (byvoorbeeld jou lewe) is in die weegskaal

Betekenis

Iets (byvoorbeeld jou lewe) is in die spel 

Explanation

Something (e.g. your life) is at stake

 

 

Weg 

 

Idioom

Die weg baan vir

Betekenis

Die geleentheid skep vir

Explanation

To pave the way for

 

 

Wel  

 

Idioom

Die wel en weë

Betekenis

Die verloop  van die lewe

Explanation

The weal and woe

 

 

Wense 

 

Idioom

Veel te wense oorlaat

Betekenis

Om nie na wense te wees nie/om baie sleg wees 

Explanation

To leave much to be desired

 

 

Wêreldsgoed 

 

Idioom

Wêreldsgoed is soos ‘n hand vol vlieë

Betekenis

Tydelike besittings is nie blywend nie.  

Explanation

Material possessions are only of temporary value.

 

 

Wêreldsgoed 

 

Idioom

Wêreldsgoed is eb en vloei

Betekenis

Daar is niks bestendigs in materiële besttings nie.  

Explanation

Material possessions are only of temporary value.

 

 

Wiel 

 

Idioom

Die wiel draai

Betekenis

Die lewe neem ‘n ander beloop

Explanation

Fortunes change

 

 

Wiel 

 

Idioom

In die wiele ry

Betekenis

Om iemand teë te werk

Explanation

To thwart a person

 

 

Wiel 

 

Idioom

Laat wiel

Betekenis

Om weg te hardloop 

Explanation

To run away

 

Wil 

 

Idioom

Iets teen wil en dank doen

Betekenis

Iets teen jou sin doen

Explanation

To do something in spite of oneself

 

Wind

 

Idioom

Voor die wind gaan

Betekenis

Voorspoed ervaar

Explanation

It is plain sailing

 

Wolf

 

Idioom

Om vir wolf skaapwagter te maak

Betekenis

Om ‘n skurk te veel te vertrou

Explanation

To set a fox to keep the geese

 

Wolf

 

Idioom

‘n Wolf in skaapsklere

Betekenis

‘n Skurk met ‘n onskuldige voorkoms

Explanation

A wolf in sheep’s clothing

 

Wolke

 

Idioom

Donker wolke

Betekenis

Moeilikhede in die toekoms

Explanation

Storm clouds

 

Woord

 

Idioom

Jou woord gestand doen

Betekenis

Jou woord nakom

Explanation

To keep your word

 

Woorde

 

Idioom

Om iemand woorde in die mond te

Betekenis

Om te beweer dat iemand iets gesê het wat hy/sy nie gesê het nie

Explanation

To put words into someone’s mouth

 

Woorde

 

Idioom

Woorde wek maar voorbeelde trek

Betekenis

‘n Persoon se voorbeeld spreek harder as sy/haar woorde 

Explanation

Example is better than precept

 

 Wipplank 

 

Idioom

Wipplank ry, byvoorbeeld die goudprys ry wipplank

Betekenis

Aanhoudend hoer en laer gaan

Explanation

Constantly go up and down, e.g . price of  gold 

        

Wors 

 

Idioom

Dis maar wors

Betekenis

Dit is verseker

Explanation

That is sure

        

Wors

 

Idioom

Wors in ‘n hondestal soek

Betekenis

Iets op ‘n baie onwaarskynlike plek soek

Explanation

To look for something in a place where one would not expect to find it

 

 

Wyn

 

Idioom

Wyn in die man, wysheid in die kan

Betekenis

As iemand te veel gedrink het, raak hy sy oordeelsvermoë kwyt

Explanation

A drunk person makes foolish decisions 

 

 

Wyntjie

 

Idioom

Om van Wyntjie en Tryntjie te hou

Betekenis

Om lief  te wees vir  drank en vroue .

Explanation

To be fond of wine and women  

 

 

Wysheid 

 

Idioom

Om te maak asof jy die wysheid in pag het

Betekenis

Om te maak of jy slimmer as ander is

Explanation

To think that you are clever

 

 

Wysheid 

 

Idioom

Die wysheid van Salomo/ So wys soos Salomo

Betekenis

Salomo was ‘n beroemde, wyse Joodse koning

Explanation

The wisdom of Solomon

 

Wysie

 

Idioom

Om iemand van sy wysie af bring

Betekenis

Om iemand heeltemal deurmekaar te maak

Explanation

To confuse someone

        

      

Wysie

 

Idioom

Van jou wysie af raak

Betekenis

Effens getik wees

Explanation

To loose one’s mind